Kelly hou daarvan om na musiek te luister.
Sy wil leer hoe om te dans.
Sy gaan na haar eerste dans klas toe.
Die onderwyser sê sy moet haar bene strek.
Kelly probeer om haar bene te strek
Maar sy kan nie baie ver strek nie.
Die onderwyser sê sy moet spring.
Kelly probeer spring, maar val neer.
Kelly se spiere is seer na die klas.
Miskien kan sy nie leer hoe om te dans nie.
Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel
Ek hou daarvan om na musiek te luister.
Ek wil leer hoe om te dans.
Ek gaan na my eerste dans klas toe.
Die onderwyser sê ek moet my bene strek.
Ek probeer om my bene te strek
Maar ek kan nie baie ver strek nie.
Die onderwyser sê ek moet spring.
Ek probeer spring, maar val neer.
My se spiere is seer na die klas.
Miskien kan ek nie leer hoe om te dans nie.
Vrae:
Een: Kelly hou daarvan om na musiek te luister. Hou Kelly van musiek? Ja, Kelly hou daarvan om na musiek te luister.
Twee: Kelly wil leer hoe om te dans. Wil Kelly leer hoe om te dans? Ja, Kelly wil leer hoe om te dans.
Drie: Kelly gaan na ‘n dans klas toe. Gaan Kelly na ‘n klavierles toe? Nee, Kelly gaan nie na ‘n klavierles toe nie. Sy gaan na ‘n dans klas toe.
Vier: Die onderwyser sê vir Kelly om haar bene te strek. Sê die onderwyser vir Kelly om haar arms te strek? Nee, die onderwyser sê nie vir haar om haar arms te strek nie. Die onderwyser sê vir haar om haar bene te strek.
Vyf: Kelly kan nie haar bene baie ver strek nie. Kan Kelly haar bene ver strek? Nee, Kelly kan nie haar bene ver strek nie.
Ses: Kelly probeer spring, maar sy val neer. Val Kelly neer? Ja, Kelly probeer spring, maar sy val neer.
Sewe: Kelly se spiere is seer na klas. Is Kelly se spiere seer na klas? Ja, Kelly se spiere is seer na klas.
Agt: Miskien kan Kelly nie leer hoe om te dans nie. Kan Kelly leer hoe om te dans? Miskien kan Kelly nie leer hoe om te dans nie.