Jaco vat ‘n dag af by die werk.
Hy wil ‘n film gaan kyk.
Jaco hou meer van komiese films as romantiese films.
En hy hou nie soveel van wetenskapsfiksie films as wat hy hou van aksie films nie.
Hy gaan die lys van nuwe films aanlyn na.
Daar speel vyf nuwe films.
Drie van die nuwe films is romantiese films.
Een van die films is ‘n wetenskapsfiksie film.
Een van die films is ‘n komedie.
Jaco dink daaraan om die nuwe komedie film te gaan kyk.
Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.
Ek het ‘n dag by die werk afgevat.
Ek wou ‘n film gaan kyk.
Ek hou meer van komiese films as romantiese films.
Ek hou nie soveel van wetenskapsfiksie films as wat ek hou van aksie films nie.
Ek het die lys van nuwe films aanlyn nagegaan.
Daar het vyf nuwe films gespeel.
Drie van die nuwe films was romantiese films.
Een van die films was ‘n wetenskapsfiksie film.
Een van die films was ‘n komedie.
Ek het gedink daaraan om die nuwe komedie film te gaan kyk.
Vrae:
Een: Jaco het ‘n dag af by die werk. Werk Jaco vandag? Nee, Jaco werk nie. Hy het ‘n dag afgevat by die werk.
Twee: Jaco wil ‘n film gaan kyk. Wat wil Jaco gaan kyk? Hy wil ‘n film gaan kyk.
Drie: Jaco hou nie van romantiese films of wetenskapsfiksie films nie. Hou Jaco van romantiese films? Nee, Jaco hou nie van romantiese films, of wetenskapsfiksie films nie.
Vier: Jaco hou van komiese en aksie films. Van watter films hou Jaco? Hy hou van komiese en aksie films.
Vyf: Jaco gaan die lys van nuwe films aanlyn na. Watter lys gaan Jaco na? Jaco gaan die lys van nuwe films aanlyn na.
Ses: Daar het vyf films gespeel. Het vyf films gespeel? Ja, vyf films het gespeel.
Sewe: Daar het een wetenskapsfiksie film gespeel. Het enige wetenskapsfiksie films gespeel? Ja, een wetenskapsfiksie film het gespeel.
Agt: Jaco het besluit om die nuwe komedie te gaan sien. Watter film het Jaco besluit om te sien? Hy het besluit om die nuwe komedie te gaan sien.