My seun het nog nooi tevore ‘n hond gehad nie.
Toe kry hy ‘n hond genaamd Max.
My seun was baie lief vir Max.
Max was ‘n oulike klein hond.
Toe hy ‘n hondjie was het hy gehou daarvan om te hardloop en te speel.
My seun en Max het altyd saam gespeel.
Max het gehou daarvan om vuil te raak.
So my seun het hom gewas en sy lang, vuil hare geknip.
Max het vir ‘n lang tyd geleef.
Hy was 15 jaar oud toe hy oorlede is.
Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.
Ek gaan volgende jaar ‘n hond kry.
My hond se naam sal Max wees.
Ek sal baie lief wees vir Max.
Hy sal ‘n klein, oulike hond wees.
Max sal baie hardloop en speel wanneer hy ‘n hondjie is.
Ek en Max sal altyd saam speel.
Max sal waarskynlik baiekeer vuil word.
So ek sal hom gereeld was en sy lang, vuil hare knip.
Max sal vir ‘n lang tyd leef.
Hy sal waarskynlik rondom 15 jaar oud wees wanneer hy sterf.
Vrae:
Een: Die seun het nog nooi tevore ‘n hond gehad nie.
Wat het die seun nooit gehad nie? Die seun het nog nooit tevore ‘n hond gehad nie.
Twee: Toe kry hy ‘n hond genaamd Max.
Wat is die hond se naam? Die hond se naam is Max.
Drie: Max was ‘n oulike klein hond.
Was Max ‘n groot hond? Nee, Max was nie ‘n groot hond nie. Max was ‘n oulike klein hond.
Vier: Toe Max ‘n hondjie was het hy gehou daarvan om te hardloop en te speel.
Waarvan het Max gehou? Toe Max ‘n hondjie was het hy gehou daarvan om te hardloop en te speel.
Vyf: Max en die seun sal altyd saam speel.
Sal die seun met Max speel? Ja, Max en die seun sal altyd saam speel.
Ses: Max sal waarskynlik baiekeer vuil word.
Wat sal Max doen? Max sal waarskynlik baiekeer vuil word.
Sewe: Die seun sal Max gereeld was.
Sal die seun se ma vir Max gereeld was? Nee, sy sal nie. Die seun sal vir Max gereeld was.