×

Usamos cookies para ayudar a mejorar LingQ. Al visitar este sitio, aceptas nuestras politicas de cookie.

image

LingQ Mini Stories, 59- Marie Hou van Lees

Marie het altyd net papier boeke gelees.

Vir meeste van haar lewe het die idee van ‘n elektroniese boek nie eens bestaan nie.

Alle leesstof was vroeër op papier gedruk.

Nou is daar egter ander maniere om te lees.

Meer en meer mense lees die laaste paar jaar boeke op mobiele toestelle.

Mense kan op hulle fone, elektroniese tablette, of toegewyde e-boek lesers soos Kindle, lees as hulle wil.

Marie verkies die gerief van lees op ‘n mobiele toestel want sy het altyd haar leesstof by haar.

Sy vind e-boeke veral handig wanneer sy reis, aangesien dit ongerieflik kan wees om boeke in haar bagasie te dra.

Sy is ook in staat om enige boek wat sy wil hê te bestel, oombliklik, via die internet.

Haar man, George, verkies egter om ‘n tradisionele papier boek in sy hande te hou.

Hy vind dit eenvoudig ‘n gemakliker en meer aangename lees ondervinding.

George hou ook daarvan om tyd te spandeer in boekwinkels en biblioteke, net om te sien watter soort boeke beskikbaar is.

George is geneig om boeke te koop, maar Marie neem nota van die name van boeke sodat sy die e-boek weergawe daarvan aanlyn kan bestel en op haar draagbare toestel kan lees.

Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.

Vir baie jare het ek net papier boeke gelees.

Vir meeste van my lewe het die idee van ‘n elektroniese boek nie eens bestaan nie.

Alle leesstof was op papier gedruk.

Ek het egter ‘n paar jaar gelede nuwe maniere van lees ontdek.

Ek het opgemerk dat meer en meer mense die laaste paar jaar boeke op mobiele toestelle begin lees het.

Ek het mense gesien lees op hulle fone, elektroniese tablette, of toegewyde e-boek lesers soos Kindle.

Ek moet sê ek verkies nou die gerief van lees op ‘n mobiele toestel want ek het altyd my leesstof by my.

Ek het gevind e-boeke is veral handig wanneer ek reis, aangesien dit ongerieflik kan wees om boeke in my bagasie te dra.

Ek kan ook enige boek wat ek wil hê bestel, oombliklik, via die internet.

My man, George, verkies egter tradisionele papier boeke.

Hy sê hy vind dit ‘n gemakliker en meer aangename lees ondervinding.

Volgens my is hy net outyds.

George spandeer te veel tyd in boekwinkels en biblioteke, net om te sien watter soort boeke beskikbaar is.

George mag dalk ‘n boek koop nadat hy rondgekyk het.

Ek verkies egter om die name van interessante boeke neer te skryf sodat ek die e-boek weergawe daarvan aanlyn kan bestel en op my draagbare toestel kan lees. Veel beter!

Vrae:

Een: Vir meeste van haar lewe het die idee van ‘n elektroniese boek nie eens bestaan nie. Watter idee het vir meeste van haar lewe nie bestaan nie? Die idee van ‘n elektroniese boek het vir meeste van haar lewe nie eens bestaan.

Twee: Meer en meer mense lees die laaste paar jaar boeke op mobiele toestelle. Wanneer het mens begin om boeke op mobiele toestelle te lees? Die laaste paar jaar het meer en meer mense boeke op mobiele toestelle begin lees.

Drie: Sy vind e-boeke veral handig wanneer sy reis. Wanneer vind Marie e-boeke veral handig? Sy vind e-boeke veral handig wanneer sy reis

Vier: Sy is ook in staat om enige boek wat sy wil hê te bestel, oombliklik, via die internet. Wat is sy in staat om oombliklik te bestel? Sy is in staat om enige boek wat sy wil hê oombliklik te bestel, via die internet.

Vyf: My man, George, verkies egter tradisionele papier boeke.

Verkies haar man, George, tradisionele of e-boeke? Hy verkies tradisionele papier boeke.

Ses: George spandeer te veel tyd in boekwinkels en biblioteke, net om te sien watter soort boeke beskikbaar is. Hoeveel tyd spandeer George in boekwinkels en biblioteke? Hy spandeer te veel tyd in boekwinkels en biblioteke.

Sewe: George mag dalk ‘n boek koop na hy rondgekyk het.

Wanneer koop George ‘n boek? George mag dalk ‘n boek koop na hy rondgekyk het.

Agt: Ek verkies egter om die name van interessante boeke neer te skryf. Wat verkies ek om te doen in boekwinkels en biblioteke? Ek verkies egter om die name van interessante boeke neer te skryf.

Marie het altyd net papier boeke gelees.

Vir meeste van haar lewe het die idee van ‘n elektroniese boek nie eens bestaan nie. For most of her life, the idea of an electronic book didn't even exist.