Alissa probeer om werk toe te gaan.
Sy probeer haar kar aanskakel.
Maar dis te koud buite, so haar kar skakel nie aan nie.
Sy gaan eers die bus skedule na.
Die stadsbusse is te stadig.
Sy gaan eerder die trein skedule na.
Die treine loop betyds.
Sy besluit om die trein werk toe te vat.
Sy hoop sy is nie laat vir werk nie.
Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.
Ek probeer om werk toe te gaan.
Ek probeer my kar aanskakel.
Maar dis te koud buite.
So my kar skakel nie aan nie.
Ek gaan eers die bus skedule na.
Die stadsbusse is te stadig.
Ek gaan eerder die trein skedule na.
Die treine loop betyds.
Ek besluit om die trein werk toe te vat.
Ek hoop ek is nie laat vir werk nie.
Vrae:
Een: Alissa probeer om werk toe te gaan. Probeer Alissa werk toe gaan? Ja, Alissa probeer om werk toe te gaan.
Twee: Dis koud buite. Is dit warm buite? Nee, dis nie warm buite nie. Dis koud buite.
Drie: Alissa se kar wil nie aanskakel nie want dis te koud buite. Skakel Alissa se kar aan? Nee, Alissa se kar wil nie aanskakel nie want is te koud buite.
Vier: Alissa gaan eers die bus skedule na. Gaan Alissa eers die trein skedule na? Nee, Alissa gaan eers die bus skedule na.
Vyf: Die stadsbusse was te stadig. Was die stadsbusse stadig? Ja, die stadsbusse was te stadig.
Ses: Die treine het betyds geloop. Het die treine laat geloop? Nee, die treine het nie laat geloop nie. Hulle het betyds geloop.
Sewe: Alissa besluit om die trein werk toe te vat. Het Alissa besluit om die bus werk toe te vat? Nee, Alissa het nie besluit om die bus te vat nie. Sy het besluit om die trein werk toe te vat.
Agt: Alissa het gehoop sy sal nie laat wees vir werk nie. Wou Alissa laat wees? Nee, sy wou nie laat wees nie. Sy het gehoop sy sal nie laat wees vir werk nie.