Ashley trek aan in die oggend.
Sy weet nie wat om te dra nie.
Sy kyk in haar kas.
Sy sien ‘n bruin romp.
Maar dis baie koud vandag!
Sy sien ‘n swart broek.
Maar dis baie oud.
En sy het ‘n vergadering by die werk vandag.
Ashley trek die bruin romp aan.
Sy lyk goed, maar haar bene kry koud.
Hier is dieselfde storie, op ‘n ander manier vertel.
Ek trek aan in die oggend.
Ek weet nie wat om te dra nie.
Ek kyk in my kas.
Ek sien ‘n bruin romp.
Maar dis baie koud vandag!
Ek sien ‘n swart broek.
Maar dis baie oud.
En ek het ‘n vergadering by die werk vandag.
Ek trek die bruin romp aan.
Ek lyk goed, maar my bene kry koud.
Vrae:
Een: Ashley trek aan in die oggend. Trek Ashley aan in die aand? Nee, sy trek nie aan in die aand nie. Sy trek aan in die oggend.
Twee: Ashley weet nie wat om te dra nie. Weet Ashley wat om te dra? Nee, sy weet nie wat om te dra nie.
Drie: Ashley kyk in haar kas vir iets om te dra. Kyk Ashley in haar kas? Ja, Ashley kyk in haar kas vir iets om te dra.
Vier: Daar is ‘n bruin romp in die kas. Is daar ‘n bruin romp in die kas? Ja, daar is ‘n bruin romp in die kas.
Vyf: Dit is baie koud vandag. Is dit warm vandag? Nee, dit is nie warm vandag nie. Dit is baie koud.
Ses: Ashley sien ‘n swart broek. Sien Ashley ‘n broek? Ja, Ashley sien ‘n swart broek.
Sewe: Die broek is oud. Is die broek nuut? Nee, die broek is nie nuut nie. Dit is oud.
Agt: Ashley het ‘n vergadering by die werk vandag. Het Ashley vandag ‘n vergadering? Ja, Ashley het ‘n vergadering by die werk vandag.
Nege: Ashley dra ‘n bruin romp. Dra Ashley die broek? Nee, Ashley dra nie die broek nie. Sy dra die bruin romp.
Tien: Ashley se bene is koud. Is Ashley warm in haar romp? Nee, sy is nie warm nie. Haar bene kry koud.